Noodplan Inisiatief Kollege
As die mees toonaangewende Noodplan inisiatief in Suid Afrika, gedryf deur die strewe na kennis en innovasie, met ʼn unieke kultuur gegrond op die christelike waardes wat die Suidlanders voorstaan, het die Bestuur besluit om die Departement Opleiding en Ontwikkeling se beleid en werkswyse te verander ten einde soveel as moontlik individue die geleentheid te bied om die opleiding te deurloop.
Die Doel van die Kollege
Die Suidlanders is daartoe verbind om aan individue die geleentheid te bied om toepaslike vaardigheidsontwikkeling en formele opleiding te ondergaan ten einde so doeltreffend moontlik te kan wees in hul aanwending en werksaamhede, tydens nasionale anargie in die suksesvolle uitvoering van die Noodplan.
Toepassing
Hierdie Kollege is vir alle individue wat bereidwillig is om hul kennis, vaardighede en aanwending binne die uitvoering van die Suidlanders Noodplan inisiatief maksimaal te laat benut in die nood situasie.